Wat om te stuur
- Voltooi die Geleentheid Trust beurs aansoekvorm (kliek hier vir aflaai).
- ‘n ID foto van die student.
- Graad 6 Desember 2021 akademiese verslag(rapport). Slegs kandidate met ‘n gemiddeld van 70% en hoër, sal in aanmerking kom vir die beurs.
- Dien jou aansoek in voor 15h00 Vrydag 18 Maart 2022.
Kandidate word versoek om beskikbaar te wees op Saterdag 23 April 2022, wanneer Rondte 2 van keuring sal plaasvind. Vir meer besonderhede oor die keuringsproses, kliek hier.
Waarheen om te stuur
– email info@geleentheid.org.za
– of laai dit af by Janine Arendse te Devonshire Huis, Ryneveldstraat 13, Stellenbosch tydens weeksdae 9-12h en 14-15h30.
Indien jy geen terugvoer teen 20 April 2022 het rakende jou aansoek nie, was dit onsuksesvol. Slegs twee beurse word jaarliks toegestaan vanaf meer as 50 aansoeke. Baie sterkte!